Wenners van die Jordaniapark- aftreeoord se tuinboukompetisie is van links Elza Koen, Heidi Goosen en Yvonne Cronjé.
Wenners van die Jordaniapark- aftreeoord se tuinboukompetisie is van links Elza Koen, Heidi Goosen en Yvonne Cronjé. FOTO: Verskaf

Die tuinboukompetisie by die Jordaniapark-aftreeoord in Kroonstad het vanjaar ‘n kleurryke skouspel van kreatiwiteit en gemeenskapsgees gebied.

Inwoners van die oord neem jaarliks deel aan so ‘n kompetisie waarin hulle die geleentheid gegun word om hul mooiste blomme, netjies versorgde grasperke en vernuwende tuinontwerpe ten toon te stel.

Vanjaar se geleentheid, in Februarie, het inwoners aangemoedig om hul eenheid se pragtuin ná baie werk en versorging met trots vir beoordeling oop te stel. Daar was netjiese blombeddings, keurige struike en immergroen grasperke.

Vanjaar is die eerste drie plekke toegeken aan Heidi Goosen, algehele wenner; Elza Koen, tweede; en Yvonne Cronjé, derde.

“Die kompetisie het benewens die skep van ‘n gees van gesonde mededinging ook die bande tussen ons inwoners versterk,” sê Tiaan Els, mede-eienaar van die aftreeoord.

Volgens organiseerders was die doel om kreatiwiteit aan te moedig en inwoners die kans te gee om hul passie vir tuinmaak met mekaar te deel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article