Psalm 90:1-17 beklemtoon God as ons veilige woning. Die psalm leer dat mense se lewens kort is, maar deur God se genade kan ons werk sin hê.
Inspirasie vir vandag. Credit: Getty Images/iStockphoto Credit: Getty Images/iStockphoto

In Psalm 90:1-17 lees ons; die mens is soos gras; vir God is duisend jaar soos ‘n dag.

Moses skryf hierdie Psalm nadat hy die teleurstelling beleef van God wat sê dat hulle nog 40 jaar in die woestyn gaan bly omdat die volk weier om die land in te gaan.

Dit gee hom moed om te weet dat mense verganklik en klein is, maar God betroubaar en altyd daar.

Daar is gevind dat veranderinge alle mense oor God, hulle self en hulle plek laat dink.

Dit is goed om te dink oor waar en wie ons voor God is, want ons het God in hierdie lewe nodig: Laat ons die goedheid van die Here ons God belewe- (Psalm 90:17). Maar ons dink ook oor die ewige lewe na die dood: U laat die mens sterwe: U sê net: “Word weer stof!” (Psalm 90:3). Maak seker van jou kindskap van Vader vir daaglikse versorging: Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. (Johannes 1:12) Erken dat hierdie aardse lewe wel eindig, neem die verdienste van die kruis aan en sê dankie vir die seker wete: Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie.

Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. (Johannes 10:28).

Ek kan leef en sterf in vrede. Het jy al gedink om Vader te bedank oor veranderinge en selfs teenspoed omdat dit ons laat dink oor ons kindskap van Hom? Vader-God, ek is gras. Ek kan nie hierdie of ewige lewe op my eie vind nie. Amen.

– Els is ‘n oudleraar van Kroonstad.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article