Vier leerders aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem, het uitstekend in die 2025 matriekeindeksamen gevaar. FOTO: Verskaf
Vier leerders aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem, het uitstekend in die 2025 matriekeindeksamen gevaar. FOTO: Verskaf

Matriekleerders aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem het povinsiale erkenning vir hul uitstekende matriek-eksamenuitslae ontvang.

Vier leerders van die Hoërskool Witteberg is deel van die 50 toppresteerders in die Vrystaat. Hulle is op die Vrystaatse Well Done-geselligheid van die departement van onderwys wat op Vrydag 16 Januarie  in Bloemfontein vir hulle prestasies vereer.

Jané de Villiers het negende die Vrystaat geëindig met ’n gemiddeld van 93%, en het die beste punte in die provinsie vir Afrikaans huistaal behaal.

Hugh Enslin is elfde in die Vrystaat met ’n gemiddeld van 92,42 %, en is ook onder die toptien presteerders in fisiese wetenskap aangewys.

Amy Kotzé het die 31 ste plek in die Vrystaat behaal met ’n gemiddeld van 88,5% en spog met nege onderskeidings, terwyl Keryn Woodage die 49ste plek ingeneem het met ’n gemiddeld van 88,25%, en ook onder die toptien presteerders in wiskunde is.

Vier leerders aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem, het uitstekend in die 2025 matriekeindeksamen gevaar en is tydens die Vrystaatse gelukwensingsgeselligheid van die departement van onderwys op Vrydag, 16 Januarie daarvoor vereer. Van links is, Amy Kotzé, Hugh Enslin, Mike Visser (waarnemende skoolhoof), Jané de Villiers en Keryn Woodage.  Foto:Verskaf
Van links is Amy Kotzé, Hugh Enslin, Mike Visser (waarnemende skoolhoof), Jané de Villiers en Keryn Woodage.  FOTO: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article