Jong ruiter wat uitblink in pensteek se vaardigheid op jeugspele beproef

Die 16-jarige Cameron Meyer, 'n gr.10-leerder aan die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem, is vir die Presidentspan gekies. Die spele vind in Jacobsdal plaas.
Cameron Meyer, ‘n gr.10-leerder aan die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem, sal Suid-Afrika dié naweek verteenwoordig op die jeugspele wat in Jacobsdal plaasvind. FOTO: Verskaf

‘n Ruiter van Bethlehem wat uitstekend in pensteek vaar, sal op 12 Desember aan die Suid-Afrikaanse jeugspele deelneem.

Die 16-jarige Cameron Meyer, ‘n gr.10-leerder aan die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem, is vir die Presidentspan gekies. Die spele vind in Jacobsdal plaas.

Cameron het op vier jaar begin perdry en neem vandat hy ses jaar oud was aan sport deel. As jong ruiter het hy al die o.14- Suid-Afrikaanse pensteekspan verteenwoordig.

Cameron Meyer (16) van Bethlehem stel hier sy vernuf in pensteek ten toon, op die rug van sy perd Dytin. FOTO: Verskaf

In Oktober het hy aan die nasionale kampioenskap deelgeneem, waar hy gekies is om aan die Jeugspele deel te neem.

Cameron is die seun van Francois, ‘n rekenmeester van Bethlehem, en Glynneth, ‘n perdryinstrukteur.

Hy behoort aan die Bethlehem Tentpegging-klub en word deur sy ma afgerig.

“Sy liefde vir perde het hy vir seker van sy ma geërf; sy het basies op ‘n perd se rug grootgeword,” sê Francois.

Cameron neem deel op sy eie perd, Dytin, en sien baie uit na die jeugspele aan die einde van dié week.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article