Die boogskietspan van die Hoërskool Trio in Kroonstad het uitstekend gevaar in ‘n kompetisie in Bloemfontein op 18 April.
Die leerders het met akkuraatheid en konsentrasie presteer en indrukwekkende uitslae behaal in die Curro Bulls Eye- en Marti du Plessis Bulls Eye-afdeling.
In die eersgenoemde afdeling het Marione Jansen van Rensburg (gr. 11) 259 punte verwerf en die eerste plek in haar graad ingeneem.
Leané Olivier (gr. 10) het 269 punte aangeteken en beklee die tweede plek in haar graad, asook die eerste plek onder die hoërskoolmeisies. Leanu de Munnik-Labuschagne (gr. 10) het 232 punte aangeteken.
Danie Theron (gr. 9) het 276 punte verwerf en is eerste in sy graad, asook eerste onder die hoërskoolseuns.
Aiden Wardeck (gr. 8) het 240 punte aangeteken en die eerste plek in sy graad behaal. Cobus Fourie (gr. 8) het 245 punte aangeteken en ‘n tweede plek behaal. Rayden Lee (gr. 8) het 179 punte aangeteken.
In die Marti du Plessis-afdeling het Marione 260 punte behaal en weer die eerste plek in haar graad verower.
Leané het 265 punte aangeteken en ‘n derde plek ingeneem, asook die tweede plek onder die hoërskoolmeisies.
Leanu het 251 punte aangeteken. Danie het 290 punte verwerf en is eerste in sy graad, asook onder die hoërskoolseuns. Aiden het 251 punte verwerf en is eerste in sy graad. Cobus het 238 punte aangeteken en is tweede in sy graad. Rayden het 210 punte aangeteken.





