‘n Egpaar van Pretoria wat passievol is oor geskiedenis en familiebande is besig is om navorsing oor hul voorgeslagte te doen. Hulle het onlangs die Bethlehem-museum besoek waar hulle waardevolle inligting vir hul navoring kon bekom.
Louis en Marisa Engelbrecht het op Saterdag 26 Julie by die museum in Bethlehem besoek afgelê. Marisa se voorgeslagte is van die Oos-Vrystaat en sy is ook die sewende geslag van E.C.D Bruwer, wat as die eerste vrederegter asook posmeester van Bethlehem gedien het.
‘n Foto van Bruwer en sy tweede vrou hang in die museum. Die Engelbrecht’s het ook die plaas Poortjie buite Bethlehem besoek om na grafte van familielede te soek.
“Palm Maree, lid van die Bethlehem-museum het in die verlede al die Bethlehem-omgewing plat gery om mense soos die Engelbrechts te help om hul voorgeslagte en geliefdes se grafte op te spoor. Sy kennis en aantekeninge is dus van onskatbare waarde vir die navorsing,” sê Maritha Swanepoel sekretaris van die Bethlehem-museum Trust.

Op die plaas Kommandant het die Englbrecht’s die graf van komandant E.C.D Bruwer, wat in die Anglo-Boereoorlog doodgeskiet is asook sy seun Schalk Willem Bruwer se graf opgespoor. Op die plaas Bruwershoop is heelwat grafte van Bruwer voorgeslagte gevind. Daar was egter nie tyd vir die Engelbrecht’s om dit te besoek nie.
“In Kestell het ons my oupa se pa Philippus Lodewicus Bruwer se graf opgespoor en ons is nog opsoek na my oumagrootjie se graf sy was Susanna Helena Bruwer (neè Swanepoel) wat in Clarens oorlede is,” sê Marisa.

Swanepoel sê daarom is dit van kardinale belang om die geskiedenis te bewaar, sodat mense soos die Engelbrechts wat al die pad van Pretoria af gereis het om hulle geskiedenis en die pad wat hul geliefdes gestap het te kan navors.
“Die Bethlehem-museum bly ‘n skatkis van ons geskiedenis.”





You must be logged in to post a comment.