Trio Primêr is die algehele wenner van Pick n Pay Family Kroonstad, Panorama Plaza, se Shop for your School-kompetisie. Van links is Antoinette De Crescenzo (wat die prys namens Trio Primêr ontvang het), Stephan van der Westhuizen (eienaar van Pick n Pay Family Kroonstad) en Lee Marais (Amalgamated Digital Platforms).
Trio Primêr is die algehele wenner van Pick n Pay Family Kroonstad, Panorama Plaza, se Shop for your School-kompetisie. Van links is Antoinette De Crescenzo (wat die prys namens Trio Primêr ontvang het), Stephan van der Westhuizen (eienaar van Pick n Pay Family Kroonstad) en Lee Marais (Amalgamated Digital Platforms). FOTO: Madli Grobbelaar

Die wenner van die Pick n Pay Family Kroonstad, Panorama Plaza, se Shop for your School-kompetisie is Trio Primêr in Kroonstad.

Sterk ondersteuning is deur verskeie skole in Kroonstad verleen aan die kompetisie, wat van 1 November tot 31 Januarie aangebied is.

As algehele wenner het Trio Primêr op Maandag 23 Februarie R50 000 ontvang. Die meeste kasregisterstrokies is deur ondersteuners van Trio Primêr in die inskrywingshouer by Pick n Pay geplaas.

Van links is Antoinette De Crescenzo, Stephan van der Westhuizen, Lee Marais, Chris-Marie  Anmé en Heidi Kunz.
Trio Primêr in Kroonstad is die algehele wenner van die Pick n Pay Family Kroonstad, Panorama Plaza, se Shop for your School-kompetisie. Van links is Antoinette De Crescenzo, wat die tjek namens Trio Primêr ontvang het, Stephan van der Westhuizen (eienaar van Pick n Pay Family Kroonstad), Lee Marais (Amalgamated Digital Platforms) en Chris-Marie Kunz en haar twee dogters, Anmé en Heidi, wat deel was van die projek se bemarkingmateriaal. FOTO: Verskaf 

‘n Jaar se gratis skoolgeld is benewens die hoofprys ook deur een leerder gewen. Suné Bester was die gelukkige wenner.

Om vir dié kompetisie in aanmerking te kom, is ouers, onderwysers en ondersteuners aangemoedig om hul inkopies by Pick ‘n Pay Family Kroonstad te doen.

Aankope van R350 of meer kon vir die kompetisie ingeskryf word, waarna ‘n skool deur deelnemers benoem moes word.

Van links is Antoinette De Crescenzo, Suné Bester, Lee Marais en Stephan van der Westhuizen.
Trio Primêr in Kroonstad is as die algehele wenner van Pick n Pay Family Kroonstad, Panorama Plaza, se Shop for your School-kompetisie aangewys, en dié skool het Maandagoggend ‘n tjek van R50 000 ontvang. Benewens die hoofprys het ‘n gelukkige leerder, Suné Bester, ‘n jaar se gratis skoolgeld gewen. Van links is Antoinette De Crescenzo (wat die tjek namens die skool ontvang het), Suné, Lee Marais (Amalgamated Digital Platforms) en Stephan van der Westhuizen (eienaar van Pick n Pay Family Kroonstad). FOTO: Verskaf

Stephan van der Westhuizen van Pick ‘n Pay Family Kroonstad het sy dankbaarheid teenoor die gemeenskap vir hul volgehoue ondersteuning van die projek uitgespreek.

Volgens hom is dit vir die winkel ‘n voorreg om in ‘n tyd waar baie skole onder finansiële druk gebuk gaan, ‘n bydrae tot ‘n plaaslike skool te kan maak.

Jaco Viljoen, Trio Primêr se waarnemende skoolhoof, sê die R50 000-prys beteken vir die skool ongelooflik baie en hulle is dankbaar vir die hupstoot.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article