Leerders aan die Hoërskool Trio in Kroonstad het uitstekend gevaar tydens die Vrystaat-plaasvaardigheidskompetisie wat in Kroonstad gehou is.
Trio het goed gevaar in die kompetisie waaraan 15 skole van 24 tot 27 September op die landbouterrein van die Hoërskool Trio deelgeneem het.
Trio het die eerste plek in die jeugskou-afdeling behaal en het in die tweede plek in die Vrystaat-plaasvaardigheidskompetisie geëindig.
Die volgende leerlinge het individueel presteer:
Stiaan Naude en Dillan du Preez, het die eerste plek vir ram- en ooiseleksie behaal, Louinique van Heerden en Lené Fourie ‘n tweede plek vir skaaphantering, Francois Venter het tweede plek in trekker-foutopsporing en Hannes Fourie die derde plek vir ploeg.
By die jeugskou het Adriaan Brak ‘n eerste plek in die vleisbees-afdeling behaal, Jeanette Tloome eerste plek vir suiwelbees, Kyla Claassen eerste plek in die vleisskaap-afdeling, Wian Pienaar eerste plek vir pluimvee, PB Marais tweede plek in die sierduif-afdeling en Andrew van Rooyen die algehele tweede plek in die konyn-afdeling.





