Ds.PhilipMcLaren
Ds. Philip Mc Laren is leraar van die Oase-gemeente in Welkom

Wanneer my wiele afval…


Jes 40 : 31″…die wat op die Here vertrou kry nuwe krag”

Nog ‘n belofte om aan vas te hou wanneer ek swaarkry of moedeloos raak en dit voel asof my wiele wil afval.

Ons is besig met die laaste skof van 2026. Toetsreekse, jaareindgesellighede word beplan en tog moet daar nog baie gebeur voordat die jaar sy einde bereik.

Wat maak ons met die besige tyd van ons lewe. Ek kan moedeloos raak of ons ek kan dit sien as ‘n uitdaging asof dit ‘n avontuurtyd van my lewe is. Met wie kan die mens, die Here vergelyk. Niemand of niks is Sy gelyke, Hy is ewig, Sy insig ondergrondelik. Die Here word nie moeg nie, al val ons wiele af.

Hy bly by Sy handewerk

Martin Luther skryf oor hierdie gedeelte: Hy bly by Sy handewerk, as Hy Sy hand sou terugtrek, sou alles gou uitmekaar val. As Hy wat ons geskep het, ons nie onderhou nie, dan sou ons al in die wiegie en met die geboorte al gesterf en vergaan het. God se krag is oral, Hy omsluit ons van alle kante Ps 139:5, meernog Sy krag werk deur ons.

Paulus getuig “as ek swak is, is ek sterk want God se genade is vir my genoeg. Sy krag kom tot volle werking wanneer ek van Hom afhanklik is”.

Die Here het deernis met swak mense, die wat op die Here vertrou. Jesus het self swak aan die kruis vir ons geword. Hy het moeg aan die kruis gehang. Hy het Sy laaste asem uitgeblaas. Miskien die einde van die pad, maar dan Sy sy oorwinning, Sy opstanding, die geboorte van ‘n nuwe lewe, die geboorte van nuwe hoop. My afwiele word nou die hoop van die arendsvlerke. Ek het geleer vir die Here bestaan daar nie iets soos afwiele nie. Miskien het jy vas geval of is jy gebreek. Die Here gee nuwe krag, met nuwe uitdagings. Sy beloftes is vas en getrou, vertrou Hom met jou lewe. Ds Philip Mc Laren (NG Bedelia)

LEES OOK: Belofte van ewige beskerming bied gemoedsrus

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article