Heidi Mc Laren (Leraar: NG Virginia-Wes)
Heidi Mc Laren (Leraar: NG Virginia-Wes)

HOOP VIR DIE WEEK: Hou gerus vas aan die woorde van Psalm 23


WELKOM – Ek sit vandag en dink aan: Wat is jou gunsteling-Bybelvers? As ek die vraag sou vra – dan hoor ek die meeste, oud en jonk, sê: Psalm 23. “Die Here is my Herder.” Wat ‘n groot skat. Om vandag weer Psalm 23 te lees en drie waarhede vir myself te neem.

1. Wanneer daar ‘n persoonlike verhouding tussen my en God is, kan ek en jy tot rus kom, want Hy sorg vir my.

In alles wat ek nodig het, elke emosie, verstaan God en wil Hy ons verseker dat Hy ons lei.

2. God sorg vir alle mense wat in hul nood na Hom roep. Ons as mense hoef ons nooit blind te staar teen enige omstandighede en ons daardeur laat oorweldig nie. Jy is nooit alleen nie. Ons Herder is by ons.

3. Vir ons wat naby die Here is –daar is oorvloed, ongeag wat die omstandighede mag wees. Dit is nie altyd so maklik om te leef asof daar net goeie tye is nie. Dit is in daardie donker tye dat ons naby God is en Hy by ons. God nooi elkeen van ons as sy eregaste.In ons kindskap weet ons ons het ‘n Vaderhuis.

In die nuwe Testament skryf Jesus self en gebruik Hy ook die beeld om te sê:

Johannes 10: 11 – “Ek is die goeie Herder”.

Dan versterk Jesus ons geloof deur te sê:

1. Die goeie Herder ken sy skape op die naam.

2. Hy stap voor hulle uit, ons volg Hom.

3. Die goeie Herder lê sy lewe af vir sy skape.

Dit maak my so opgewonde om weer vandag ons te herinner: Jesus het sy lewe vir ons afgelê; vir ons gesterf sodat ons vir ewig kan lewe.

Ons kan vandag vashou aan Jesus se woorde in Johannes 14.

Jesus sê: “Ek gaan om vir julle plek voor te berei …”

Mag Psalm 23 vir jou ‘n harts-Psalm wees. Jou Vader wat jou lei.

Mag jy Jesus se liefde beleef, jou oë opwaarts hou en weet met die inwonende Heilige Gees dat Hy jou lei en jou nooit alleen los nie. – Heidi Mc Laren, leraar aan die NG kerk Virginia-Wes

LEES OOK: Dood en lewe lê in die mag van die tong

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article