VENTERSBURG – Die inwoners van Ventersburg is ernstig oor die behoud van hulle dorp en ook die historiese geskiedenis van dié nedersetting.
‘n Paar maande al is ‘n toegwyde span inwoners besig om die Voortrekker-begrafplaas, asook die dorp se hoof begrafplaas, skoon te maak.
‘n Nuwe taak is die dorp se geskiedkundige poskantoor. ‘n Groep dorpenaars wil die poskantoorgebou in ‘n ekonomiese spilpunt omskep.
Dit is verlate en word gevandaliseer.

Henk Theron, ‘n inwoner, sê een van die sake wat hier bedryf kan word, is ‘n varsproduktemark vir die omliggende boere.
Hy sê boere het belangstelling in so ‘n mark getoon.
Die eerste formele pos- en telegraafdienste in Ventersburg is in 1884 gestig.
Die historiese Ventersburg-poskantoorgebou geleë by Steynstraat 6, wat gedien het as die dorp se prominente landdros-, pos- en telegraafsentrum, is in 1895 gebou.
Die konstruksiekontrak is vir £8 500 aan Charles William Hudson toegeken, en die hoeksteen is op 6 Julie 1895 deur Landdros Dirk Tom gelê.
Volgens plaaslike oorlewering is die boukoste finansier deur boetes wat tydens die beroemde Jameson-inval ingesamel is.
Anders as baie ander ou Suid-Afrikaanse poskantoorgeboue wat dekades gelede heeltemal buite gebruik gestel of gesluit is, is die Ventersburg-poskantoor nooit permanent as ‘n aktiewe dienstak in die 20ste eeu buite gebruik gestel nie.
Die argitektoniese struktuur is amptelik in 1989 tot Nasionale Monument verklaar en word tans beskerm as ‘n Provinsiale Erfenisgebied, maar die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO) het voortgegaan om daaruit te werk.
LEES OOK: Dienslewering by poskantoor laat veel te wense oor






You must be logged in to post a comment.