Tharina Coetzee, organiseerder van die opruiming in Ventersburg, by een van die gevandaliseerde kindergrafte in die Voortrekker-begraafplaas.
Tharina Coetzee, organiseerder van die opruiming in Ventersburg, by een van die gevandaliseerde kindergrafte in die Voortrekker-begraafplaas.

Dorp-trots herleef in Ventersburg

Tharina Coetzee, organiseerder van die opruiming in Ventersburg, by een van die gevandaliseerde kindergrafte in die Voortrekker-begraafplaas.
Tharina Coetzee, organiseerder van die opruiming in Ventersburg, by een van die gevandaliseerde kindergrafte in die Voortrekker-begraafplaas.

Die gemeenskap van Ventersburg het besluit genoeg is genoeg.

“Matjhabeng wil nie die dorp en die dorp se erfenis in stand hou nie. Dit is hoekom ons Saterdag die Voortrekker-begraafplaas, die groot binnedorpparkie, die jukskeibaan en die spruit skoongemaak het. Ons wil in die toekoms weer ‘n parkrun aanbied – en ‘n vlooimark. Ons wil ook jukskei, onder andere, hier aanbied,” sê Tharina Coetzee, organiseerder van die herlewing.

  • Tharina Coetzee, organiseerder van die opruiming in Ventersburg, by een van die gevandaliseerde kindergrafte in die Voortrekker-begraafplaas.

Dit is beslis ‘n gemeenskapsprojek en op Saterdag 27 Junie het mense uit alle oorde ingespring met pikke en grawe om hand by te sit.

Coetzee sê iemand uit die gemeenskap het van sy werkers se mannekrag en sy geld gegee om die groot begraafplaas skoon te maak.

Oral was hardwerkende inwoners wat met trots die hope gruis gebruik het wat onder deur andere dr. Piet van Wyk, oudburgemeester van die dorp, afgelaai is. Hulle het hiermee slaggate gevul. Die dokter se span het ook slaggate tussen Ventersburg en Hennenman opgevul.

“Inwoners begin self doen wat die munisipaliteit veronderstel is om te doen,” sê Coetzee.

Ventersburg het ‘n ryke geskiedenis.Verskeie gevegte het in die Tweede Vryheidsoorlog in die omgewing plaasgevind, en die Voortrekker-begraafplaas is na wat verneem word in 1880 in gebruik geneem. Henk Theron se pa het ‘n boek oor Ventersburg se geskiedenis saamgestel en gepubliseer. Theron vors nou die begraafplaas na.

VF Plus-raadslid Manie Pretorius sê dorpenaars was lanklaas in die park.

“Noudat ons skoongemaak het, het ons ontdek dat rou riool groot ruimtes oorstroom. Ek gaan dit aanmeld en hoop om reaksie van die munisipaliteit te kry,” sê hy.

Coetzee sê die opruiming sal ‘n voortdurende projek wees, en op Saterdag 11 Julie sal almal weer skouer aan die wiel sit.

Majoor Joseph Hanwell 'n Britse soldaat is in die Voortrekker-begrafplaas begrawe.
Majoor Joseph Hanwell, ‘n Britse soldaat is in die Voortrekker-begrafplaas begrawe.

“Van 23 Junie tot Saterdag 27 Junie was daar ongeveer 40 mense betrokke by die skoonmaak van die park. Boere en besighede het TLB’s en trekkers met grassnyers gestuur, ander het weer kettingsae en bossiekapper-masjiene gebring. Groot lorries het gruis afgelewer. Daar was Saterdag ook agt besoekers wat kom help het.”

Ventersburg het ’n ryke geskiedenis.Verskeie gevegte het in die Tweede Vryheidsoorlog in die omgewing plaasgevind, en die Voortrekker-begraafplaas is na wat verneem word in 1880 in gebruik geneem. Henk Theron se pa het ’n boek oor Ventersburg se geskiedenis saamgestel en gepubliseer. Theron vors nou die begraafplaas na.
’n Britse soldaat, maj. Joseph Hanwell, is daar begrawe. Na wat verneem word, stuur die Britse regering ’n geldelike bydrae aan die Matjhabeng-munisipaliteit om sy graf te onderhou. Dit word nie gedoen nie.

LEES OOK: Riebeeckstadters het genoeg gehad

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article