George Thiane is in die getroue span werkers wat Tharina Coetzee bystaan.
George Thiane is in die getroue span werkers wat Tharina Coetzee bystaan.

Dorp se ryke geskiedenis herleef


VENTERSBURG – Ventersburg-dorpenaars beywer hulle om nie net die dorp, maar ook die dorp se besienswaardighede en historiese terreine, te herstel. Die groot opruiming is sedert die einde Junie sterk aan die gang en groot vordering is reeds gemaak.

Paaie, sypaadjies, parke, die twee begraafpase en wandellane is reeds aangepak.

Dr Piet van Wyk, oudburgemeester van Ventersburg, het bakkiesvol grys op strategiese plekke afgelaai en sy werkers het ingespring om gruispaaie te herstel. Ook die ingang na die Voortrekker-begrafplaas is met gruis mooi gemaak en groot klippe is gebruik om die paadjie netjies te maak.

Ventersburg is op 6 Mei 1873 geproklameer.

Ventersburg is in 1873 geproklameer

Die Nederduits Gereformeerde kerk is in 1891 in Ventersburg gebou, maar is in 1900 deur Britse magte tydens die Anglo-Boereoorlog afgebrand. Die kerk is later, in 1912, herbou.

Ventersburg het ‘n ryke geskiedenis.

Britse grafte uit die Anglo-Boere-oorlog in Ventersburg is hoofsaaklik in die Ventersburg-begraafplaas binne-in die dorp, en nabygeleë landelike plaasbegraafplase geleë.

Die dorp is swaar geraak deur die konflik en die Voortrekker-begraafplaas bevat slagoffers van plaaslike skermutselings. Die Statebondsgrafte in die gebied word dikwels langs Boere-burgergrafte en konsentrasiekampslagoffers gevind.

Henk Theron, ‘n inwoner van die dorp, se pa het ‘n boek oor Ventersburg se geskiedenis saamgestel en gepubliseer.

Theron doen nou navorsing oor die begraafplaas, wat die geldelike bydrae van die Britse regering sal insluit.

Dié Voortrekker-begraafplaas bevat verskeie geïdentifiseerde Britse grafte, insluitend dié van slagoffers van regimente soos die Pembroke Yeomanry wat gesneuwel het tydens gevegte in die distrik.

Daar is verskeie geïsoleerde en gelokaliseerde begraafplase oor die Ventersburg-distrik heen waar kleiner afdelings of patrollerende troepe ter ruste gelê is.

Grate van Brite is in dié begrafplaas

Daar sal belangstellendes die grafstene van onder andere maj. Joseph Hanwell en Ralph Paynter William (Pembroke Yeomanry) kry. Na wat verneem word, stuur die Britse regering ‘n geldelike bydrae aan die Matjhabeng-munisipaliteit om die Britse grafte te onderhou. Sover kan niemand vasstel waar die geld is. Daar word geen onderhoud deur die munisipaliteit in die begrafplaas gedoen nie.

Die bekende Sandrivier-konvensie (dikwels na verwys as die Sandveldkonvensie) is op 17 Januarie 1851 onderteken op die plaas Boskop (geleë langs die Sandrivier) in die distrik van Ventersburg.

Nabygeleë Winburg, die oudste geproklameerde dorp in die Vrystaat, is gestig in 1836, en staan ​​bekend as die eerste hoofstad van die Voortrekkers. Die naam spruit voort uit ‘n geskil oor beeste en grond met die Bataung-hoofman Makwana, wat die Voortrekkers “gewen” het.

Winburg beskik oor die oudste Voortrekker-begraafplaas in Suid-Afrika. Die Nederduits Gereformeerde kerk, die dorp se sentrale sandsteenkerk, dateer uit 1899 en het in die Anglo-Boereoorlog as hospitaal gedien.

LEES OOK: Dorp-trots herleef in Ventersburg

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article