‘n Indrukwekkende groep van 186 begeesterde, babbelende swemmers het die Aldam by Allemanskraal se troebel water op Saterdag 27 Junie aangedurf.
Die water se temperatuur was ‘n geraamde 9 °C, en dit was die 31ste jaar van die Ysbeerswemgeleentheid in die Goudveld-omgewing.

Die bes geklede groep swemmers was die Kroegvoëls. Die groep genaamd Kaarte het met hul voorstelling van speelkaarte en danspassies die geesprys gewen en die Volstruise het toe-skouers laat lê van die lag met hul volstruisloop.

André van Wyk het die baardveiling gewen en die geskenkde baard van Theo Labuschagne met groot genot afgeskeer. Debbie Viljoen het die voorreg gehad om te besluit wie die ysbreker is om eerste te swem.
Die MS-span (MS Hoop) van Sasolburg het ‘n derde jaar aan die geleentheid deelgeneem. Die span se leier, Rozaan Steyn, meen haar doel was om bewustheid oor die siekte oor die wêreld heen te skep.
Die volgende geleentheid vir swemmers is by Doringbos by Bloemfontein, op 7 Julie. Felix Buri, organiseerder, sê dit sal die vyfde keer wees dat dit by Bloemfontein aangebied word.
LEES OOK: Talle swemmers trotseer yswater





You must be logged in to post a comment.