Dr. Marna Walker het vanjaar ‘n “Back-to-back”-medalje (B2B) ontvang nadat sy haar tweede opeenvolgende Comrades-wedloop voltooi het. FOTO’S: Verskaf

Walker ‘n top-hardloper

Dr. Marna Walker het vanjaar ‘n “Back-to-back”-medalje (B2B) ontvang nadat sy haar tweede opeenvolgende Comrades-wedloop voltooi het. FOTO’S: Verskaf

Wanneer jy jou agtereenvolgende Comrades-wedloop voltooi het , weet jy dit was die moeite werd. Vir dr. Marna Walker, ‘n Goudvelder, het hierdie jaar presies dít gebeur.

“Alles het laas jaar, 2025, begin toe ek my eerste marathon ooit gehardloop het – die Mielie – om te kwalifiseer vir die Two Oceans,” vertel sy.

Walker vertel jy wil net een keer in jou lewe die Oceans-wedloop hardloop.

“Net een keer. Voordat jy moet gesin begin of enigiets soos dit. Dis al wat jy vra. En toe oorreed almal my om net nog drie maande verder te oefen en nog net 30 km verder te hardloop. En dan kan ek die Comrades ook doen,” sê Marna.

Op 1 April (“April Fools”) verlede jaar het sy haar eerste inskrywing vir die wedloop ontvang.

“En dan gebeur die wonderlike ding: Nadat jy jou eerste Comrades gehardloop het, wil jy dit weer beleef. Dit was regtig ‘n ongelooflike ervaring laasjaar om die Comrades te hardloop. Iets wat mens nie vir iemand kan beskryf nie,” vertel Marna.

Walker sê daar is ‘n geheime resep.

“Dit help net as jy vir ‘n doel hardloop. Want jy raak moeg. Jy

Dr Mara Walker het vanjaar haar “Back-to-back” prestasie vir Comrades voltooi.

wil opgee. Maar as jy weet mense hou jou dop, as jy weet jy het geld ingesamel, dan druk jy deur.”

Verlede jaar het Walker vir die DBV in Kroonstad gehardloop. Hierdie jaar was dit die Virginia DBV se beurt.

“Want wanneer jy moeg is en jy nie meer wil verder aangaan nie, dan weet jy: Mense maak staat op jou. Hulle het betaal vir jou om te hardloop. So jy hou dan nou maar, en dan druk mens maar deur.”

Een rand ‘n kilometer. Dit is wat sy gevra het. So basies R85 of R86 per borg vir die hele wedloop. Sy het ongeveer R7 400 ingesamel. Saam met Charmaine Nortje, ‘n mede-atleet van die Goudveld, was dit R12 300 – ‘n goeie bedrag vir die diere in nood.

Walker sê jy hardloop nie net vir die medalje nie, jy hardloop om jou kop skoon te maak. Om gesond te bly. Om die stres weg te hardloop.

“Ek hardloop nou al 20 jaar. Ek het my eerste Vrystaatse landloop gehardloop toe ek gr. 4 was. En dit is omtrent 24 jaar terug,” vertel Walker.

Sy is ‘n Goudvelder in murg en been – die Goudveld Hoërskool is haar alma mater.

“Ek het hier in die Goudveld grootgeword, en hier bly ek

hardloop.”

Walker is ‘n veearts, en haar praktyk is by die Doorn-dierekliniek in Welkom.

“Werk hou ‘n mens besig, maar jy maak tyd. Jy moet.”

Sy doen elke jaar die Surrender Hill-wedloop in Clarence – dit is haar gunsteling – en die Mielie, die Four Peaks (wat meer van ‘n veldwedloop is), en nou ook die Two Oceans- en Comrades-wedloop.

Met die Mielie het sy gewoonlik die 21km gedoen, maar sedert laasjaar is dit die vollengte marathon wat sy tussen Odendaalsrus en Welkom, en terug, hardloop.

“Ek hardloop so een keer in drie maande ‘n marathon. Die res hardloop ek maar om kop skoon te kry en gesond te bly en vir algemene fiksheid. Ek hardloop elke dag, en naweke doen ek gewoonlik my ver hardloop-sessies waar ek vir drie uur sal gaan hardloop,” sê sy.

LEES OOK: Goudvelder só verewig

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article