Die jaarlikse Ysbeerswem by Aldam vind op 27 Junie om 12:00 plaas.
Op dié geleentheid, ideaal vir Goudvelders, word verwag dat die water van Aldam sowat 9 °C sal wees, terwyl buitetemperature sowat 18 °C tot 20 °C behoort die wees as dit nie bewolk is nie. Die byeenkoms gaan voort, ongeag die weer.
Belangstellendes uit verskeie dorpe soos Sasolburg, Kroonstad, Odendaalsrus, Virginia, Hennenman, Welkom, Bethlehem, Winburg en Bloemfontein, het reeds navraag gedoen.
Goeie spangees en ‘n verskeidenheid van unieke klerestyle word verwag. Pryse vir die beste spangees en oulikste kleredrag sal uitgedeel word.
Vanjaar se begunstigde is Search and Rescue Suid-Afrika. Deelnemers kan die organisasie se uitstalling besoek en die span ontmoet.
Hekfooie is R100 per motor, die dagswem beloop R100 per persoon, en die nagswem R300 per persoon.
Vir navrae oor kampplek, kamers of huisies, skakel 078 728 2027, en vir swemnavrae skakel 082 851 4584.




