E Williams, Wesselsbron:
Is diskriminasie teen armes besig om toe te neem?
Ek is ‘n middeljarige vrou wat om 06:30 die oggend van 26 Augustus vir ons ‘n R10-sakkie suiker by die Indiër op die hoek gaan koop het.
Ons is pensioentrekkers.
My man sien toe die groot kettingwinkel in die hoofstraat is oop en herinner my aan sy lugtyd.
Ingedagte sit ek die sakkie suiker in my handsak.
Ons koop verromer en betaal.
Sekuriteit gryp toe my suiker en hoe meer ek aan haar en die ongeskikte bestuurder probeer verduidelik, hoe meer sê die bestuurder vir my sy hoef nie saam met my na die Indiër te loop nie en so ook nie een van haar sekuriteitpersoneel nie.
Sy sê toe sy sal op die kamera kyk as sy lus het.
Waar is die menslikheid?
Ek het ‘n paar dae later navraag gedoen.
Sy het haarself nie verwerdig om te kyk of my te kontak nie.
Ek het ‘n handgeskrewe strokie van die Indiër gekry omdat hy nie ‘n kasregister het nie. Ook dit wil sy nie aanvaar nie.
Ek sal nooit weer dié winkel in Wesselsbron ondersteun nie.
Dit gaan om my naam en nie om die suiker nie.
Nodeloos om te sê, ek het my suiker en my naam verloor.
LEES OOK: Voeg die daad by die Woord



