Zonika van der Berg is een van die BRS-ruiters.
Zonika van der Berg is een van die BRS-ruiters. Dit is die 17de jaar dat Zonika Vrystaat-Sanesa-kleure verwerf het. Haar perd se naam is Dream Coat. PHOTO: High Click Photography

17 Welkom ruiters pak nasionale kampioenskap aan

Zonika van der Berg is een van die BRS-ruiters.
Zonika van der Berg is een van die BRS-ruiters. Dit is die 17de jaar dat Zonika Vrystaat-Sanesa-kleure verwerf het. Haar perd se naam is Dream Coat. PHOTO: High Click Photography

WELKOM – ‘n Groep van 17 jong ruiters van BRS Riding School neem deel aan die Sanesa- nasionale kampioenskapsbyeenkoms wat van Donderdag 24 September tot Maandag by Kyalami Park in Johannesburg plaasvind.

Die ruiters het deur hul deelname en prestasies gedurende die Sanesa-seisoen hul plek in die Vrystaat-span verdien.

Hulle sal in ‘n verskeidenheid dissiplines deelneem, waaronder skouspring, dressuur, Prix Caprilli, equitation, Working Hunter, Working Riding en Performance Riding.

Die 17 BRS-ruiters wat die Vrystaat gaan verteenwoordig, is: Zonika van den Berg, Janke Rossouw, Kara Taute, Ivanka Erasmus, Hanno van Jaarsveld, Ava Adendorff, Kelsey Smith, Mike Calitz, Phoebe Kilian, Beaule Jordaan, Ethan Erasmus, Miah Erasmus, Bekker Taute, Lizay Jonker, Atile Mohlatsane, Hlompo Mohlatsane en Desmond MacCaskill.

Die span word afgerig deur Belinda Basson, met Shaylene Basson as assistent-afrigter.

Vyftien van die 17 jong ruiters van Belinda’s Riding School (BRS) buite Riebeeckstad wat gekwalifiseer het
Vyftien van die 17 jong ruiters van Belinda’s Riding School (BRS) buite Riebeeckstad wat gekwalifiseer het vir die nasionale kampioenskappe van 24 tot 28 September het op 12 September deelgeneem aan die jaarlikse BRS-tradisie vir Vrystaat-span se inlywingsdag, Van links, voor: Miah Erasmus, Mike Calitz, Phoebe Kilian, Ethan Erasmus en Ava Adendorff; agter: Janke Rossouw, Zonika van den Berg, Lizay Jonker, Ivanka Erasmus, Kelsey Smith, Beaule Jordaan, Kara Taute, Bekker Taute, Hanno van Jaarsveld en Desomond MacCaskill. FOTO: Verskaf

Die inlywingsdag op 12 September by BRS buite Riebeckstad was die begin van hierdie besondere avontuur as ‘n span.

Die ruiters wat gekies is, het aan verskeie uitdagende spanaktiwiteite deelgeneem om mekaar beter te leer ken en om samehorigheid te bou voordat hulle die Vrystaat op nasionale vlak gaan verteenwoordig.

Vir hierdie jong ruiters is deelname aan die nasionale kampioenskap die hoogtepunt van ‘n seisoen van harde werk, oefening, toewyding en baie ure saam met hul perde. Perdry verg nie net tegniese vaardigheid nie, maar ook dissipline, geduld, deursettingsvermoë en ‘n sterk vertrouensband tussen ruiter en perd.

Nou wag die groot verhoog by Kyalami Park, waar die ruiters hul vaardighede teen ruiters van oor die land heen gaan meet.

LEES OOK: Ruiters sit hul beste voetjie voor

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article