Elizabeth Mabena van die Goudveld-Hoërskool (voor) het bygedra tot die eerste span se oorwinning van 5 – 1 oor die Hoërskool Fichardtpark in meisieshokkie. FOTO: Verskaf
Elizabeth Mabena van die Goudveld-Hoërskool (voor) het bygedra tot die eerste span se oorwinning teen die Hoërskool Fichardtpark.

Skole lewer spel van hoë gehalte tydens Wesgrow in Welkom

Elizabeth Mabena van die Goudveld-Hoërskool (voor) het bygedra tot die eerste span se oorwinning van 5 – 1 oor die Hoërskool Fichardtpark in meisieshokkie. FOTO: Verskaf
Elizabeth Mabena van die Goudveld-Hoërskool (voor) het bygedra tot die eerste span se oorwinning teen die Hoërskool Fichardtpark.

Die Goudveld-Hoërskool en die Hoërskool Fichardtpark het op Vrydag 31 Julie en Saterdag in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks in ‘n reeks opwindende hokkie-, netbal- en rugbywedstryde kragte gemeet.

Op die hokkieveld was Goudveld se meisiespanne die uitblinkers. Van die eerste span tot die junior spanne het deurgaans oortuigende vertonings gelewer en met goeie spanwerk en vasberadenheid hul stempel afgedruk.

Dit is ‘n spanprestasie waarop Goudveld trots kan wees.

Wesgrow
dummy text

Fichardtpark se seunshokkiepanne het op hul beurt die botoon gevoer en in die meeste ouderdomsgroepe as oorwinnaar uit die stryd getree.

Goudveld se tweede span was egter die uitsondering en het met ‘n knap oorwinning gewys dat deursettingsvermoë en harde werk beslis beloon word.

Die titel van speler van die wedstryd het gegaan aan Elizabeth Mabena (Goudveld, meisieshokkie) en Kaylin Tola (Fichardtpark, seunshokkie).

Goudveld se eerste netbalspan het ‘n uitstekende vertoning gelewer deur Fichardtpark met 41 – 30 te verslaan. Die telling weerspieël die span se deursettingsvermoë, dissipline en uitstekende samewerking.

Verskeie spelers het met hul spel uitgeblink.

Mpho Komani het ‘n besonder sterk wedstryd gespeel en was ‘n groot aanwins vir die span. Naledi Tadi en Annabelle Rheeder het ook uitstekende vertonings gelewer en ‘n belangrike bydrae tot die span se oorwinning gelewer.

Die titel van speler van die wedstryd is aan die span se kaptein, Michelle van der Westhuizen, toegeken. Sy het met selfvertroue leiding geneem en ‘n vertoning gelewer wat ‘n groot rol in die oorwinning gespeel het.

Goudveld se o.17A-netbalspan het sy wedstryd teen Fichardtpark gewen.

Kaela-Mari Keyser het ‘n uitstekende wedstryd as doel gespeel en met haar akkurate afronding ‘n positiewe bydrae gelewer. Liané Erasmus het op senter uitgeblink en die spel met haar spoed, visie en slim spelverspreiding uitstekend beheer.

Goudveld se derde rugbyspan was Saterdag se held. Die spelers het ses drieë gedruk en met 42 – 5 as wenners van die veld gestap.

Die tweede span het tot die einde meege-ding, maar met 7 – 12 vasgeval.

Die eerste span het twee drieë gedruk en hard geveg, maar moes eindelik met 12 – 40 die onderspit delf.

ALSO READ: Junior Bokke skok verdedigende kampioene en is een tree nader aan Wêreldbeker-halfeindrondte

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article