Meer ondersteuningsdienste vir jong mense liewer as meer polisiëring vir Cloetesville, is wat inwoners vra nadat twee inwoners doodgesteek is binne twee dae.
Die Wes-Kaapse polisie en NVG het die vonnisoplegging van vier mans van Elsiesrivier vir moord verwelkom.
’n Delft-konstabel is met ’n byl oor die kop gekap buite die polisiekantoor. Drie verdagtes is kort ná die aanval in hegtenis geneem.
‘n 64-Jarige man van Brackenfell staan tereg op aanklagte van die seksuele aanranding van `n 13-jarige seun. Sy aansoek om borgtog is Maandag 2 Feb aangehoor.
’n Polisiespeurder van Kleinvlei, Wayne Wantza, bly in aanhouding ná ’n skietvoorval wat glo spruit uit ’n liefdesdriehoek waarin een man dood is en ’n vrou ernstig gewond is.