Skote klap steeds op die Kaapse Vlakte.

Skote klap en bloed vloei steeds op Kaapse Vlakte


Die skote klap steeds en die strate van die Kaapse Vlakte bly onder beleg en steeds is daar nie ‘n einde in sig nie.

40 vermoor

In September alleen is meer as 40 mense van oor die Kaapse Skiereiland heen doodgeskiet.

In die jongste voorval is vier mense in Lentegeur in Mitchells Plain in ‘n vermoedelik bendeverwante skietvoorval doodgeskiet.

Intussen het die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, uitgevaar teenoor die vrylating van drie mans op borgtog nadat hulle vroeër in hegtenis geneem is weens die besit van AK47-aanvalsgewere en 350 rondes ammunisie.

Hoë kaliber

“Die eindelose hoeveelheid wapens op ons strate is ‘n groot kommer, veral die hoë-kaliber wapens. Hierdie besluit van die howe het baie van die goeie werk van ons spanne ongedaan gemaak om hierdie wapens van die strate af te kry. Dit is ondenkbaar dat na ‘n naweek waar meer as 30 mense in massa-skietery met onwettige wapens vermoor is, die hof so ‘n besluit kan neem. Was dit nie vir ons wetstoepassers nie kon hierdie wapens baie lewens gekos het,” sê Smith.

Smith sê hy hoop die polisie ondersoek hoe die verdagtes daardie tipe wapens in die hande gekry het. “Ons sal nooit hierdie oorlog wen as die regstelsel misdadigers vrylaat nie,” sê Smith.

LEES OOK: Moord-ondersoek ná vrou se liggaam in vlak graf in Roodepan gevind is

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article