Die Wes-Kaapse polisie het vandeesweek ‘n 56-jarige man in hegtenis geneem in verband met die vervaardiging en verkoop van vervalste Suid-Afrikaanse dokumente.
Die polisie sê die klaer in die saak het ‘n klagte by ‘n polisiestasie ingedien dat sy asiel-dokumente gekloon is, en dat hy ‘n idee het wie die skuldige mag wees.
Die verdagte is tydens ‘n gesamentelike operasie, wat deur die Maitland-polisie en grensbestuurowerheid uitgevoer is, aangekeer. Met hul aankoms by sy huis in Brooklyn, was die verdagte glo besig om motor-registrasiedokumente uit te druk, sê die polisie.
Die klaer was ook teenwoodig.
Die polisie sê die huis is deeglik deursoek en daar is op tegnologiese-toerusing, vervalste paspoorte en visums, insluitende verskeie soort stempels, afgekom.
Die verdagte sal in die Kaapstadse-landdrofhof verskyn sodra hy aangekla word. Hy staar klagtes van vervalsing in die gesig.
LEES OOK: Bejaarde vrou beroof by gewilde Brackenfell Hipermark





