Die nuwe Wes-Kaapse organiseringskomitee van AMAGP
Die nuwe Wes-Kaapse organiseringskomitee van AMAGP bestaan uit (van links) Eddie Hanekom, Fritz Labuschagne, Albin Bowler, Quinton Dreyer en André du Toit, asook Henry Jones (afwesig).

Vergadering oor staatspensioenfonds ‘n sukses met puik opkoms

Die nuwe Wes-Kaapse organiseringskomitee van AMAGP
Die nuwe Wes-Kaapse organiseringskomitee van AMAGP bestaan uit (van links) Eddie Hanekom, Fritz Labuschagne, Albin Bowler, Quinton Dreyer en André du Toit, asook Henry Jones (afwesig).

“Die kernbeginsel is dat pensioenfondse in die uitsluitlike belang van hul lede bestuur behoort te word — sonder politieke inmenging,” het Zirk Gous, nasionale voorsitter van die Association for the Monitoring and Advocacy of Government Pensions (AMAGP), gesê.

Hy het so gesê by ‘n vergadering van staatsdienspensioenarisse en -werknemers in die Wes-Kaap — die eerste van die AMAGP Wes-Kaap.

Die eerste vergadering het alle verwagtinge oortref, sê Albin Bowler, wat by die vergadering verkies is tot voorsitter van die provinsiale uitvoerende komitee van AMAGP Wes-Kaap.

Regstreeks uitgesaai

Altesame 179 mense het die vergadering by die NG kerk Stellenberg in Bellville bygewoon. Nog 132 deelnemers het aanlyn ingeskakel by die vergadering, wat regstreeks uitgesaai is.

Die vergadering is gehou om staatsdienswerknemers en -pensioenarisse in te lig oor die huidige stand van die Government Employees Pension Fund (GEPF) en die belangrikheid van onafhanklike toesig oor die fonds.

Die eregaste was Adamus Stemmet, ere-president en eerste voorsitter van AMAGP, wat die organisasie se oorspronklike visie gevestig het, en Rob Moody, nasionale voorsitter van die pensioenaris-tak van die VSA.

Nog twee lede van AMAGP se nasionale uitvoerende komitee het die vergadering bygewoon. Hulle is Strini Govender, verantwoordelik vir massamobilisering, en Ben Kellerman, verantwoordelik vir parlementêre skakeling.

Uitdagings

Tydens sy aanbieding het Gous die uitdagings waarmee die GEPF tans te kampe het, uiteengesit.

Hy het beklemtoon dat verantwoordbare bestuur, groter aanspreeklikheid en doeltreffende toesig die potensiaal het om beter opbrengste vir lede te verseker.

Hy het verder bevestig dat die GEPF nie op die rand van bankrotskap staan nie. Daar is egter aangevoer dat verbeterde bestuur en sterker oorsig daartoe kan bydra dat toekomstige pensioenverhogings gunstiger as bloot inflasiegekoppelde aanpassings kan wees.

‘n Belangrike hoogtepunt van die vergadering was die stigting van ‘n Wes-Kaapse provinsiale struktuur van AMAGP.

Ses lede het ingestem om die provinsiale organiseringskomitee te vorm en sal voortaan die belange van staatsdienswerknemers en –pensioenarisse in die Wes-Kaap verteenwoordig.

Die nuwe Wes-Kaapse organiseringskomitee van AMAGP bestaan uit Eddie Hanekom, Fritz Labuschagne, Albin Bowler, Quinton Dreyer, André du Toit en Henry Jones. Nuwe lede is welkom om by die organiseringskomitee aan te sluit.

. Kontak Albin Bowler by albinbowler@gmail.com met navrae of om aan te sluit.

LEES OOK: Vergadering oor pensioenfonds

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article