Radio Tygerberg
Honderde mense van oral het Dinsdag die gebedsgeleentheid bygewoon.

Honderde byeen om te verenig in gebed by Radio Tygerberg


Dit was ‘n inspirerende oggend van geloof, hoop en eenheid toe luisteraars vanuit verskillende gemeenskappe en gebedsnetwerke Dinsdag 13 Oktober by Radio Tygerberg 104FM se parkeeterrein bymekaargekom het vir ‘n besondere gebedsgeleentheid.

Omroeper en sangeres, Rouchelle Liedemann, het die oggend geopen met lofprysing en aanbidding, waarna verskeie lede van die radio se span die gehoor in gebed gelei het.

Daar is spesifiek voorbidding gedoen vir matrikulante, onderwysers, skole en kinders. Daar is ook gebede gedoen vir Suid-Afrika se regering, die komende verkiesing en die land se polisiedienste.

Radio Tygerberg
Die publiek bid in die parkeerterrein oorkant die Radio Tygerberg 104FM gebou in Fairfield, Parow.

Wat hierdie geleentheid besonders maak, is die inspirasie daaragter, sê Francois Boyce, woordvoerder. Daagliks beweeg daar gebedsgroepe, dikwels ongesiens, buite skole, ondernemings en ander instansies om vir die persone binne daardie geboue en instellings te bid. Hierdie stille bewegings van geloof het die inspirasie geword om gemeenskappe vir ‘n gesamentlike gebedsgeleentheid byeen te bring, sê hy.

Boyce sê Radio Tygerberg glo vas in die belofte van Matteus 18:20 wat lei, “Want waar twee of drie in my Naam bymekaar is, daar is Ek in hulle midde.”

Die oggend was ‘n kragtige herinnering dat gebed nie deur kerkmure of gemeenskapsgrense beperk word nie, en dat gewone mense wat saambid ‘n buitengewone verskil kan maak, sê Boyce.

ALSO READ: My Skool Hero: Bonny de Beer is Radio Tygerberg se skoolheld

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article