My Skool Hero
By die My Skool Hero Maandagoggend was van links Lizelle van der Berg (Spectra Stationers), Bonny de Beer (My Skool Hero 2026-wenner), Esmé Eksteen (Spectra Stationers), Elmar Kruger (Tytec Group) en Rikus van Rooy (Radio Tygerberg).

My Skool Hero: Bonny de Beer is Radio Tygerberg se skoolheld

My Skool Hero
By die My Skool Hero Maandagoggend was van links Lizelle van der Berg (Spectra Stationers), Bonny de Beer (My Skool Hero 2026-wenner), Esmé Eksteen (Spectra Stationers), Elmar Kruger (Tytec Group) en Rikus van Rooy (Radio Tygerberg).

Radio Tygerberg 104FM het vandag (Maandag 5 Oktober), op Wêreldonderwysersdag, met sy My Skool Hero-veldtog erkenning gegee aan onderwysers wat daagliks ‘n blywende verskil in die lewe van kinders maak.

Die projek, moontlik gemaak deur Spectra Stationers, Tytec Group en Parrot Products, het gedurende die jaar luisteraars genooi om maandeliks ‘n onderwyser – hul “hero” – te nomineer.

Finaliste

Die agt finaliste was Heidi van Wyk (Hoërskool Silversands), Nico Aldrich (Laerskool Eversdal), Louis Crous (Laerskool Bastion), Bonny de Beer (Laerskool Simonsberg), Esmé Hills (Laerskool De Tyger), Jesse Lewis (Hoërskool The Settlers), Ronel van Dijk (Paarl Skool) en Domè Swarts (Kasselsvlei Primêre Skool).

Luisteraars kon die afgelope paar weke op Radio Tygerberg se webwerf stem wie hul gunsteling “skoolhero” is. Byna 9 000 stemme is ontvang. Met bykans 4 000 stemme is Bonny de Beer van die Laerskool Simonsberg as Radio Tygerberg se My Skool Hero 2026 aangewys.

My Skool Hero
Bonny de Beer

De Beer stap weg met ‘n R10 000 Spectra-geskenkbewys, terwyl haar skool ook ‘n geborgde drukker (ter waarde van R10 000) vir ’n jaar ontvang.

Ware helde

Radio Tygerberg se stasiebestuurder, Rikus van Rooy, sê die veldtog gaan oor veel meer as net ‘n wenner.

“Dit is vir ons belangrik dat onderwysers besef hulle word raakgesien en dat hulle die ware helde van ons skole is. Onderwysers is daardie “hero’s” wat baiekeer ten koste van hulself leerders help. Met die “My Skool Hero”-veldtog wou ons die onderwysers vier wat daagliks help om die volgende generasie te vorm,” sê Van Rooy.

LEES OOK: Radio Tygerberg bring sakeleiers byeen vir ‘n boodskap van hoop en groei

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article