Bykans 3 300 deelnemers het Saterdag die 5-, 10- en 16 km-roetes van die jaarlikse Food Lover’s Market Tekkie Challenge ten bate van die Jan Krielskool in Kuilsrivier aangedurf. Die 5km-pretloop het omtrent uit sy nate gebars met 1 400 inskrywing en sowat 90 honde wat vanjaar weer toegelaat is om saam te stap.
Alle deelnemers is met ‘n medalje beloon. Die geld wat ingesamel is, word uitsluitlik aangewend om sport- en sportontwikkeling by Jan Krielskool te ondersteun.
“Ek kan namens Jan Kriel nie genoeg dankie sê vir elkeen wat van hierdie jaarlikse geleentheid so ʼn groot sukses maak nie: ons borge, Food Lover’s Market en VetsMart, sonder wie se ondersteuning die Tekkie Challenge nie sal kan plaasvind nie; die deelnemers wat jaar ná jaar opdaag en hul vriende en baie gees saambring; die omliggende Kuilsrivier-gemeenskap wat met ʼn glimlag enige ongerief verduur; die Stad Kaapstad se verkeersdienste, Netcare 911 vir mediese sorg en Cape Multisport-klub se beamptes wat ons deelnemers veilig op die roetes hou. Dankie almal, Jan Kriel waardeer julle. Sien julle volgende jaar!” het ds. André van Wyk, besturende direkteur van die Jan Kriel-instituut, gesê.
Gallery
Foto’s Carina Roux
Die deelnemers spring weg in die 16 km-wedloop.Annatjie Berntzen (Goodwood Harriers) en Hilde Schoeman (Chaeli Club).Wegspring van die 10km-wedloop.Imange Tyutu, Sweetness Tyutu en Zandile Silika van Kuilsrivier.Wouna en Victoria Almond-Van Zyl met Jenny en Lucy van Table View.Saskia van der Westhuizen en Peanut van Kuilsrivier.Die hond was nie baie ingenome met Tyger Tier nie.Louisa Antonie en Lorraine Gys van Eersterivier.Tyger Tier draf saam met van die pretloop-deelnemers.Joshua Rutgers (Kuils River Runners) was derde in die 16 km-wedloop.Thurstan Seryners (Kuils River Runners) was die eerste junior in die 10km-wedloop.Michael en Roenell Swart van Companion Paws het die pretloop met Malinka en Hazel gestap.Candice, Harper-Rose (5) en Malik Jeftha van Kuilsrivier.Vanessa Williamson en Sonja Henning van Blouberg met ‘n moeë en dors Toffie.Kyrie (4) hardloop vir die eindstreep met pa Kurt Ross en Koda op sy hakke. Hulle is van Kuilsrivier.Ayden Senger en Zanré Potgieter van Durbanville het die pretloop saam met Bentley aangedurf.Anlerie en Johan Botha van Run Walk for Life Brackenfell het die 10 km-wedloop gestap.Ayola Lolo van Highbury Primary School by Food Lover’s se Annie Apple en Sally Strawberry.Van links is Lincoln Alexander, Pieter Slingers, Ronelle Russell en Charmaine van der Westhuizen van Kuils River Runners.
You must be logged in to post a comment.