Meer as 2 300 beeste en skape is glo die afgelope maand in die Vrystaat gesteel. Die VF Plus eis antwoorde oor inhegtenisnemings, vervolgings en landelike veiligheid.
Swaarder strawwe vir veediefstal en deeglike ondersoeke na moontlik sindikate, is van die sake waarvoor Vrystaat Landbou hom beywer as dit kom by dié misdaad in landbougeledere.
Die Heilbron-veediefstal- en bedreigde-spesies-eenheid ondersoek die diefstal van 45 skape op ‘n plaas naby Steynsrus.
Die diefstal van 52 skape, waarvan hul pote reeds vasgebind was en die heining oopgesny, is op ‘n plaas in die Campbell-distrik in die Noord-Kaap gefnuik.
wee vermeende veediewe, wat glo daarop uit was om skape op ‘n plaas sowat 10 km buite Wellington te steel, is in hul spore gestuit.