Daar is geen uitsluitsel of daar enige ernstige wanpraktyk of wanadministrasie was met die goedkeuring van eiendomstransaksies deur die Stellenbosch-munisipaliteit nie.
Die blou elektriese skopfietse van GoNow het eens deur die strate van Stellenbosch gery, maar dit staan nou grootliks verlate op die dorp se sypaadjies.
Verkeersprobleme het sinoniem met Stellenbosch geword. ‘n Plaaslike padingenieur meen die Stellenbosch-munisipaliteit kan die probleem aanspreek deur hul eie padmeesterplan te implimenteer.
Politici het hierdie week hul stemme by dié van Cloetesville-inwoners gevoeg in ‘n poging om bendegweld te bekamp.
Die Stellenbosch-sokkerklub se planne vir ‘n nuwe sportkompleks is omstrede, aangesien dit die klub sonder ‘n heenkome kan los.