Vyf gewapende mans het ‘n gesin op ‘n plaas buite Paarl vasgebind en beroof. Geen arrestasies is gemaak nie.
Die verdagtes het die man herhaaldelik oor die kop geslaan. Hy het erge beserings aan sy gesig opgedoen en is hospitaal toe geneem vir behandeling.
Bejaarde boervrou en ‘n boer is die naweek aangerand en ernstig beseer ná twee plaasaanvalle in die Vrystaat.
‘n Bejaarde boer van die Baltimore-omgewing in Limpopo is dood nadat hy en sy vrou Saterdagmiddag op hul plaas aangeval is.
Geweldsmisdade in die landelike gebiede is kommerwekkend
’n Egpaar van Klapmuts is in hul huis oorval in wat as die eerste plaasaanval in 15 jaar in die gebied beskryf word. Die voorval het groot ontsteltenis veroorsaak.