‘n 10-km-beheergebied het van Maandag (9 Maart) af amptelik in werking getree nadat ‘n positiewe geval van bek-en-klouseer in die Swartland bevestig is.
Tot dusver is reeds 43 431 beeste in die Vrystaat ingeënt as deel van die noodmaatreëls om die hoogs aansteeklike siekte te stuit.
Die uitbreking van bek-en-klouseer onder ’n trop van 17 beeste is bevestig, waarvan sewe positief getoets is. Inenting is glo reeds begin.
Die Swartland-munisipaliteit wag op uitslae van laboratoriese toetste om ‘n moontlike geval van bek-en-klouseer op ‘n plaas in die gebied te bevestig.
Boere word versoek om samewerking te gee wanneer betrokke amptenare hul plase besoek om kuddes vir bek-en-klouseer te inspekteer.
Bek-en-klouseer is een van die mees ontwrigtende siektes vir die suiwelbedryf, het Eduard Loubser, voorsitter van die Durbanville-landbouvereniging, gesê.
Kommer by boere van Durbanville en omgewing oor die landwye krisis rondom bek-en-klouseer het oorgekook by ‘n vergadering.
Vrystaat Landbou (VL) hoop dat pres. Cyril Ramaphosa in sy staatsrede die krisis met bek-en-klouseer in Suid-Afrika sal aanspreek.
“Hierdie vroeë besluit stel telersgenootskappe in staat om hul beplanning betyds aan te pas en voorkom groter risiko’s later.”
Landbouorganisasies soos Vrystaat Landbou neem nou regstappe om dringende optrede te eis om bek-en-klouseer wat rampafmetings aanneem, te stuit.