Theo Barnard (11), ’n graad 6-leerder van die Christelike Privaatskool (CPM) in Malmesbury, is onlangs gekies om sy provinsie by die SA Skole se nasionale swemkampioenskap in Gqeberah te gaan verteenwoordig.

Theo, wat aan die einde van sy graad 1-skooljaar by die Swartland-swemklub in Malmesbury aangesluit het, is een van vyf seuns in sy ouderdomsgroep onder 12 jaar, wat sy provinsiale kleure verwerf het.

Die swemmers, wat die Wes-Kaap se skole-swemspan gaan verteenwoordig, is op 20 Februarie deur die verteenwoordigende komitee in kennis gestel dat hulle vir die opkomende kampioenskap gekwalifiseer het.

Jessika Janse van Rensburg, Theo se afrigter beskou dit as ’n groot prestasie. “Ons is baie trots op hom.”

Die nasionale kampioenskap vind eersdaags vanaf 19 tot 21 April plaas.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article