Chenita Abdol (17), Reese Hartnick (17) en Veronique Marthinus (11) het hul SA kleure die afgelope Donderdagaand ontvang. Foto: Verskaf

Malmesbury-trompoppie maak geskiedenis

Chenita Abdol (17), Reese Hartnick (17) en Veronique Marthinus (11) het hul SA kleure die afgelope Donderdagaand ontvang. Foto: Verskaf


Die Malmesbury-majoretteklub pronk met die jongste Suid-Afrikaanse atleet in die geskiedenis van die land se trompoppies nadat die 11-jarige Veronique Marthinus Donderdagaand amptelik haar SA kleure ontvang het.

Marthinus, ’n graad vyf-leerder by Liebenberg Primêr, het in Februarie vanjaar reeds die goeie nuus ontvang dat sy vir die SA-span gekies is.

Sy het die spoggeleentheid, aangebied deur die Suid-Afrikaanse Trompoppievereniging (SAMCA), saam met haar spanmaats van Malmesbury, Chenita Abdol en Reese Hartnick (albei 17) bygewoon.

Abdol, ’n graad-11-leerder van Wesbank Sekondêr, en Hartnick, ’n graad-11-leerder van Schoonspruit Sekondêr, het ook hul SA kleure as atlete wat lid van die Suid-Afrikaanse trompoppiespan is, ontvang.

Die geleentheid het by die Nelson Mandela Boulevard- Garden Court-hotel plaasgevind.

Die trompoppies het Suid-Afrika die afgelope naweek by die wêreldkampioenskap by Grand West in Goodwood verteenwoordig.

Die Malmesbury-majoretteklub neem eersdaags van 25 September tot 28 September aan die nasionale kampioenskap, wat in Belhar gehou word, deel.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article