Twee senior trompoppies van die Malmesbury Majorettes-klub het in Februarie aan die Suid-Afrikaanse Majorettes Cheerleading Association (Samca) se proewe deelgeneem en hulle SA kleure verwerf.

Reese Hartnick, ’n gr. 10-leerder aan Schoonspruit Sekondêr en Kirsty-Lee Mcquire, ’n gr. 11-leerder aan Wesbank Sekondêr, is die eerste twee meisies van die klub wat so ver gevorder en kleure verwerf het sedert die klub se ontstaan vyf jaar gelede.

Die klub se bestuur het die volgende oor die twee te sê gehad: “Ons is verskriklik trots op hul harde werk en groei in hierdie sport asook hulle passie en liefde vir trompoppies.”

Die klub wens die meisies sterkte toe vir hul deelname aan die sport vir die res van die jaar.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article