‘n Kaart-samestelling van die aardskudding wat 3,4 op die richterskaal gemeet het.

Credit: SYSTEM Credit: SYSTEM

Inwoners van Yzerfontein het Woensdag (21 Februarie) ’n ligte skudding deur hul huise gevoel nadat ’n aardbewing om 15:14 naby Kaapstad en die Weskus plaasgevind het.

Volgens inligting, vrygestel deur die Europese-Meditereense Seismologiese Sentrum (EMSC), het die aardbewing ’n sterkte van 3.4 op die Richterskaal gemeet, met die episentrum wes van Kaapstad. Die EMSC het verder bevestig dat die aardbewing onder die Atlantiese Oseaan met ’n diepte van 10km plaasgevind het.

Die aardbewing wat al langs die Weskus tot sover as Langebaan gevoel kon word, het 76 km wes vanaf Kaapstad plaasgevind, berig Volcano Discovery.

Yzerfonteiners het kort daarna hul ervaring van die skudding op sosiale media gedeel. Volgens sommige inwoners is die aardbewing heelwat later as die aangeduide tyd wat deur EMSC bekend gemaak is, gevoel en gehoor.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article