Malmesbury gimnaste
Gimnaste wat aan die provinsiale kampioenskap deelneem. Foto: Arendi@salt-photography.

Plaaslike gimnaste van die Malmesbury se gimnastiekklub, wat veral bekend is vir hul prestasie in akro-gimnastiek, het onlangs aan die 2025- Wes-Kaap-kampioenskapskompetisie deelgeneem.

Hul deelname aan die provinsiale kampioenskap volg nadat dié gimnaste gedurende die onlangse Weskus-distriksproewe vir die streekspan gekwalifiseer het.

Dié kampioenskap het van 22 tot 24 Augustus in Saldanhabaai plaasgevind, waartydens verskeie deelnemers goud, silwer en brons verwerf het.

gimnaste op pad na SAs
Gimnaste doen ‘n handstaan as deel van akro-gimnastiek.

Die gimnaste wat vir die Wes-Kaapspan gekwalifiseer het en eersdaags van 10 tot 12 Oktober aan die nasionale kampioenskap in akro-gimnastiek in Gauteng gaan deelneem, word binnekort bekend gemaak.

Hou hierdie ruimte dop om te sien hoe dié deelnemers van Malmesbury op nasionale vlak gevaar het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article