Leerders van Liebenberg Primêr is gekies om as deel van die skool se dansgroep aan die skolekunstefees, wat Dinsdag (23 Augustus) by die Kunstekaap-teater gehou is, deel te neem.
Deni-Charve Don, die organiseerder van Liebenberg Primêr se dansgroep, sê ses verskillende groepe dansers het hul talent ten toon gestel en het onder meer hip-hop, kwaito en die nasionale volksdanse van Ierland en Skotland opgevoer.
“Altesaam 88 leerders het deelgeneem,” sê Don.





