Agter van links staan Callon Lotter, Lemischka Esbach, Kurtley Gysman, Emilenique Skippers, Merltine Arendse, Anrid Burrows (afrigter), Amy Van der Ventel, Khiana Olivier, Brenay Loubser, Brody Swarts en Anaesha Oor. Voor: Ash-Lin Witbooi, Shanique Stanley, Jo-Mari Owies, Chanique Moela, Cermia Goliath en Racheal Sithole. Foto: Verskaf


Liebenberg Primêr se Graad 3-dansgoep het die afgelope jaar uitstekend gevaar met hul vertolking van Heidiop die planke.

Dié dansgroep se eerste amptelike optrede was op 27 Augustus in die Kunstekaap-teater, gevolg deur hul deelname aan die Wes-Boland-eisteddfod op 31 Augustus, waartydens hulle met ’n Cum Laude-toekenning vir hul uitmuntende vertoning vereer is.

Die groep se harde werk is beloon toe die gr. 3-leerders die Wes-Boland-wisseltrofee vir die beste nasionale dans gewen het. Die toekenning is op 11 Oktober ontvang.

Die dansers het die jaar op ’n hoë noot afgesluit toe hulle op 17 November die eerste keer aan Gimnastiek Suid-Afrika se Gymnastics for Life-kompetisie by die Belhar- binnenshuise sportsentrum opgetree het. Die beoordeling is gedoen deur die Gym for All-komitee waartydens hulle teen ander gimnastiekklubs op nasionale vlak moes meeding. Hul Heidi-optrede het ’n silwer medalje losgeslaan.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article