Kinderbeskermingsweek is landswyd van Maandag 30 Mei tot Vrydag 3 Junie gevier. In Montagu het verskeie organisasies hande gevat en in ’n gesamentlike bewusmakingsveldtog by verskeie skole in die dorp en landelike omgewing besoek afgelê. Van die skole wat besoek is, is W.A. Rossouw Primêr, A.F. Kriel Primêr, Fransie du Toit Primêr, Ashbury Primêr en Rietvlei 2 Primêr. Kwessies soos tienerswangerskap, misdaad, kuberafknouery asook kinderregte is met die leerders behandel. Verskeie rolspelers, waaronder die polisie, ACVV, justisie, Montagu Cares (’n nieregeringsorganisasie), die gemeenskapspolisiëringsforum en Change Agents South Africa, was deel van die veldtog.Foto: Norman Evertson


Kinderbeskermingsweek na montagu en omgewing geneem

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article