Langeberg 8 Ball Pool se aand-ligawedstryd teen Winelands het Vrydagaand 2 September baie goed tussen dié twee spanne verloop. Baie ouers, toeskouers en vriende het na die venue gestroom om te sien wat die groot Goliats met die klein Dawid’s gaan doen, maar ongelukkig was dit omgekeer, het Gerald Otto, die afrigter, gesê. Cape Winelands se o.14-span, wat aan die SA Junior kampioenskap deelgeneem het, het Langeberg 8 Ball Pool se o.23- gemengde span behoorlik laat les opsê. Die o.14-span was met hul eerste been baie op hul senuwees, maar daarna het hulle die hele wedstryd oorgeneem. Die o.14’s het die wedstryd 17/8 gewen. Em-Jay Mouries het ’n volle 5/5 vir sy span aageteken terwyl Octavia Otto 4/5 punte vir haar span op die telbord gesit het. Otto sê hulle is baie goed voorbereid vir die toernooi wat Staredag (10 September) teen Swartland (Malmesbury) plaasvind. Die o.14-wenspan is, van links: Alex Tiemie, Breyton Geduld, Imraan Eyssen, Octavia Otto en Em-Jay Mouries. Foto:

Credit: SYSTEM

jeugdige cape winelands-span leer ervare langeberg ’n les

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article