Jeugdiges wat spog met handgemaakte plakkate.
Jeugdiges wat spog met handgemaakte plakkate.

Jong mense van die Darling-gemeenskap het Saterdag 28 Junie die nat en koue weer trotseer en deur die strate van dié dorp gestap om aan die Gemeenskaplike Jeug-optog deel te neem. Die geleentheid is deur die Genesis Assembly of God-kerk gereël – met die oog op jeugdiges van alle plaaslike kerke. Die optog het met ‘n staproete van Vooruitsig Skool begin, waar deelnemers die naam van Jesus aan die gemeenskap verkondig het om ‘n daadwerklike verskil in Darling te maak. Die geleentheid het met ‘n opelug-byeenkoms by die De Vlei-amfiteater geëindig, waar die Swartlandse burgemeester, Henry Cleophas, die jong deelnemers toegespreek en ter selfdertyd ook die bedankings gedoen het. Cleophas het ook die organiseerders aangemoedig om meer sulke optogte in die toekoms te reël sodat ‘n daadwerkilke verandering in die Darling-gemeenskap kan plaasvind.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article