Die nuutste werk uit die pen van die skrywer Jaco Wolmarans, Donkermaan, word Donderdag 24 Julie by die Malmesbury-biblioteek bekendgestel.

Die roman, wat deur Tafelberg uitgegee word, speel in 1991 in Israel af. Dié land is in die kruisvuur van nuwe langafstand-missiele uit Lebanon.

Mossad moet dringend ‘n antwoord en ‘n geskikte rekruut vir ‘n uiters sensitiewe operasie kry – die diefstal van broodnodige radartegnologie by die Suid-Afrikaanse lugmag, as teenvoeter vir Siriese missiele.

Ruth Heyns, ‘n doktorsgraadstudent in Tel Aviv, is die geskikte kandidaat, maar sy trek die aandag van Teenspioenasie se ervare Gunther Eckhardt en die toene- mende agterdog van die lugmag se skakelbeampte, kol. Leon Rutger.

Wolmarans sal met Daniël Lotter in gesprek wees.

  • Die geleentheid begin om 18:00 en toegang beloop R60, verversings ingesluit. Bespreek jou plek deur Talita by 022 487 9439 te bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article