Die Swartland-hospitaal in Malmesbury vra die publiek se hulp om Martha Pistoor (43) se familie op te spoor. Pistoor is op 1 Mei vanjaar in die hospitaal opgeneem. Sy is op 25 Desember 1979 gebore en het ’n bruin gelaat, bruin oë en kort, bruin hare. Haar mees onlangse adres was Nonqubelastraat 5970, Illingelethu, Malmesbury.

Familielede, kennisse of vriende van haar kan Lorenzo Kortje by die hospitaal op 022 487 9200/9206 skakel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article