Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement het die afgelope week ’n dringende versoek gerig rakende ’n pasiënt van die Weskus-distrik, wie se familie gesoek word.

Die Swartland-hospitaal in Malmesbury is op soek na die familie van Doortjie Thomas (58). Sy het ’n bruin gelaat met bruin oë en grys hare, is slank en 1,5m lank.

Thomas is reeds op 27 Oktober verlede jaar (2022) per ambulans na die Swartland-hospitaal gebring. Die hospitaal het verneem sy woon al die afgelope sowat 10 jaar in Malmesbury.

Lede van haar familie of enigiemand wat haar familie kan opspoor, word gevra om Chandré Farmer, ’n maatskaplike werker by die Swartland-hospitaal, by 022 487 9219 te bel of e-pos te stuur na Chandre.Farmer@westerncape.gov.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article