Pamflette wat gaan oor die beskerming van kinders is die afgelope Vrydag op 31 Mei vir meer as 120 motoriste in die omgewing van Darling uitgedeel as deel van die SAPD en lede van die plaaslike gemeenskap se bewusmaking van die beskerming van kinders. Die bewusmakingsprojekte was in samewerking met die Darling Outreach Foundation, die plaaslike kerke, Sinethemba, skole, The Darling Trust, die Jeriah Sending, die Year Beyond @ homelearning, CAB en lede van die plaaslike wetstoepassingsdienste. ’n Menslike ketting is ook Donderdagaand op 30 Mei deur verteenwoordigers van al die organisasies gevorm as deel van die bewusmaking van kindermishandeling. Foto’s: Verskaf

Die fokus op die jaarlikse Nasionale Kinderbeskermingsweek is vanjaar tussen 29 Mei en 5 Junie. Verskillende organisasies en inwoners onder die plaaslike gemeenskappe in die omgewing van Darling en Moorreesburg het na gemeenskappe uitgereik as deel van bewusmakingsprojekte waar die fokus op die beskerming van kinders val.

Die lede van Moorreesburg-polisiestasie het die afgelope Vrydag op 31 Mei na die leerders van Ruststasie Primêr uitgereik waartydens daar gefokus is op geslagsgebaseerde geweld, boelie, misdaad teen kinders, seksuele oortredings, kinderregte -en verantwoordelikhede, asook veiligheid by skole. . Foto: Verskaf

Pamflette wat gaan oor die beskerming van kinders is die afgelope Vrydag op 31 Mei vir meer as 120 motoriste in die omgewing van Darling uitgedeel as deel van die SAPD en lede van die plaaslike gemeenskap se bewusmaking van die beskerming van kinders. Die bewusmakingsprojekte was in samewerking met die Darling Outreach Foundation, die plaaslike kerke, Sinethemba, skole, The Darling Trust, die Jeriah Sending, die Year Beyond @ homelearning, CAB en lede van die plaaslike wetstoepassingsdienste. ’n Menslike ketting is ook Donderdagaand op 30 Mei deur verteenwoordigers van al die organisasies gevorm as deel van die bewusmaking van kindermishandeling. Foto’s: Verskaf

Verteenwoordigers van talle ondersteunende organisasies kom byeen vir Kinderbeskermingsweek, wat reeds op 28 Mei in Darling begin het en waartydens die ondertekening van die belofte en onderneming om kinders te ondersteun, by die perseel van die Darling Outreach Foundation plaasgevind het. Die boodskap dat elke gesprek saak maak, het gedurende die geleentheid sterk na vore gekom. “Elke geleentheid om met ’n kind te praat, is ’n geleentheid om ’n verskil in ’n kind se lewe te maak,” het Izak Gelderblom van die Darling Outreach Foundation in ’n verklaring oor Kinderbeskermingweek beklemtoon. Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article