Die plaaslike polisielede van Darling, buurtwaglede, lede van die GPF, die munisipale wetstoepassers en lede van die Community in Blue-inisiatief het die afgelope week koppe bymekaar gesit en saamgespan as deel van Nasionale Kinderbeskermingsweek. Hulle het leerders van Vooruitsig Primêr in Darling besoek waartydens elkeen toegespreek is oor die beskerming van kinders. Volgens sers. Johnatan Filander van die plaaslike polisie is gevaarlike wapens wat daagliks by leerders en inwoners afgeneem word, aan die leerders gewys. Die noodsaaklikheid oor die beskerming van kinders is duidelik tydens die besoek oorgedra, het Filander gesê.
Darling-leerders meer oor kinderbeskerming vertel
Charlotte Lesch
|

Darling-leerders meer oor kinderbeskerming vertel
Charlotte Lesch
|

NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.

Related Articles
-

Fokus val op beskerming van kinders
Die fokus op die jaarlikse Nasionale Kinderbeskermingsweek is vanjaar tussen 29 Mei en 5 Junie….
by
Swartland Gazetteon
-

M’burg-polisie besoek skool
Lede van Moorreesburg-polisie het die afgelope week ’n draai by die plaaslike skool Klein Karnmelkvlei…
by
Swartland Gazetteon
-

Kabeldiewe op toneel betrap
Drie verdagtes is onlangs op heterdaad betrap toe hulle koperkabels probeer steel het. Die Plaaswageenheid…
by
Swartland Gazetteon
Leave a comment
You need to be Logged In to leave a comment.
