Drie verdagtes is onlangs op heterdaad betrap toe hulle koperkabels probeer steel het. Die Plaaswageenheid van Darling het lede van die plaaslike polisie ontbied toe ongerymdhede by die Darling-gholfbaan bespeur is. Die polisie, in samewerking met die plaaswaglede, buurtwaglede, die Community in Blue-eenheid en plaaslike veiligheidsmaatskappye het saamgespan en die gholfbaan op 8 Julie in die vroeë oggendure strategies omsingel in ’n poging om die diewe vas te trek. Volgens sers. Johnatan Filander, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, het die polisie vir die vermeende koperkabeldiewe gewag om klaar te maak voordat hulle toegeslaan het. Een van die verdagtes het van die plaaswaglede gewaar en laat spaander. Twee verdagtes is sopnat in ’n nabygeleë veld vasgetrek, terwyl die derde verdagte kort daarna aangekeer is. Dié drie – onderskeidelik 37 en 23 jaar oud – is op klagtes van kwaadwillige beskadiging aan eiendom en diefstal van infrastruktuur in hegtenis geneem. Hulle het verlede Maandag in die landdroshof op Malmesbury verskyn waar hulle in aanhouding gebly het. Hulle verskyn vandag weer in die hof vir ’n formele borgtogaansoek.
Kabeldiewe op toneel betrap

Kabeldiewe op toneel betrap

NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.

Related Articles
-

Broers op heterdaad met gesteelde kabel betrap
Twee broers van Darling is in hegtenis geneem nadat ’n Eskom-koperkabel in hul besit gevind…
by
Swartland Gazetteon
-

Inbrekers ná weke betrap
Misdadigers wat onlangs ’n toename in huisbrake in die omgewing van Darling veroorsaak het, is…
by
Charlotte Leschon
-

Minderjariges met vuurwapen in Malmesbury betrap
Lede van die Malmesbury-polisie het die afgelope Sondag inligting rakende ’n skietvoorval ontvang en summier…
by
Swartland Gazetteon
Leave a comment
You need to be Logged In to leave a comment.
