Die ACVV Robertson het ’n vol program wat hulle tydens Kinderbeskermingsweek gaan uitrol. Kinderbeskermingsweek vind plaas vanaf 29 Mei tot 4 Junie.

Die program is as volg: . 27 Mei – Die ACVV sal ’n video op sy Facebook-blad plaas wat handel oor die invloed van Covid-19 op jonger kinders. . 1 Junie – Die voorkoming van tienerswangerskap. 2 Junie – Die uitwerking van dwelm- en alkoholgebruik. 3 Junie – Die uitwerking van negatiewe kinderjare

Plekke waar die res van die program aangebied sal word, sal op die ACVV se Facebook-blad bekend gemaak word.

Die ACVV vra dat inwoners groen sal dra om hul ondersteuning vir Kinderbeskermingsweek te wys.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article