Leerders van Vooruitsig Primêr in Darling word deur sers. Johnatan Filander oor die beskerming van kinders toegespreek.

Credit: SYSTEM

Die plaaslike polisielede van Darling, buurtwaglede, lede van die GPF, die munisipale wetstoepassers en lede van die Community in Blue-inisiatief het die afgelope week koppe bymekaar gesit en saamgespan as deel van Nasionale Kinderbeskermingsweek. Hulle het leerders van Vooruitsig Primêr in Darling besoek waartydens elkeen toegespreek is oor die beskerming van kinders. Volgens sers. Johnatan Filander van die plaaslike polisie is gevaarlike wapens wat daagliks by leerders en inwoners afgeneem word, aan die leerders gewys. Die noodsaaklikheid oor die beskerming van kinders is duidelik tydens die besoek oorgedra, het Filander gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article