Lede van Moorreesburg-polisie het die afgelope week ’n draai by die plaaslike skool Klein Karnmelkvlei Primêr gaan maak.
Volgens AO Nicolette Visagie het leerders die geleentheid gekry om meer te leer oor misdaad en geweld teen kinders, boeliegedrag, regte van minderjariges, skoolveiligheid, geweld teen vroue en kinders, geweld binne die huis en seksuele oortredings.
Sowat 50 leerders was teenwoordig.





