Kleuters by die Dolfyntjies-kleuterskool in Moorreesburg ontvang ’n besoek van die plaaslike polisie. Foto: Verskaf

Moorreesburg-SAPD besoek kleuters as deel van veldtog

Kleuters by die Dolfyntjies-kleuterskool in Moorreesburg ontvang ’n besoek van die plaaslike polisie. Foto: Verskaf


Lede van die Moorreesburg-polisie het die Dolfyntjies-kleuterskool in die dorp Donderdag 7 Desember besoek, waartydens AO Nicolette Visagie hul regte aan die kinders verduidelik het.

Visagie het uitgebrei oor gemeenskapsveiligheid en misdaad teen kinders in die vorm van ’n prettige poppekasvertoning.

Pamflette en suigstokkies is aan sowat 89 kinders uitgedeel.

Die opvoedkundige besoeke is deel van die Moorreesburg-polisie se aktivisme-veldtog (25 November tot 10 Desember) teen geweld teen vroue en kinders.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article